Broadway (Manhattan)

Broadway in 1909.

Broadway is 'n beroemde straat in Manhattan, New York, in die Verenigde State van Amerika met verskeie teaters. Hierdie straat loop in 'n noord/suid rigting, skuins oor die ander strate. Times Square, waar Broadway by 7de Laan en 42ste Straat ontmoet, is 'n sentrum van vermaak en is bekend vir sy talle teaters en toneelopvoerings. Die straatblokke daar rondom vorm die hart van die stad se teaterbedryf.[1]

Roete

Hierdie straat is 33,2 km (20,6 myl) lank en loop deur Manhattan en The Bronx. Dit loop dan verder noord (as die Amerikaanse roete 9) na Albany, die hoofstad van New York.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search